Die Kanadese jazzsanger Michael Bublé het gister die hartseer nuus met sy aanhangers op Facebook gedeel dat sy driejarige seun met kanker gediagnoseer is.
Dis nie bekend watter tipe kanker hy onder lede het nie.
Bublé noem dat hy en sy vrou, die aktrise, model en skrywer Luisana Lopilato, vir eers hul loopbane ter syde gaan stel om hul volle aandag aan Noah te skenk.
The post BUBLé SE SEUN (3) MET KANKER GEDIAGNOSEER appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.