Die Universiteit van die Vrystaat gaan die hofbesluit om sy taalbeleid nietig te verklaar na die Appèlhof én die Grondwet Hof neem.
Die hofbevel is verlede maand deur AfriForum en Solidariteit in die Hooggeregshof in Bloemfontein verkry.
Die twee organisasies het op hul beurt hofstukke vir ’n dringende aansoek in die hooggeregshof ingedien waarin hulle vra dat die ou taalbeleid steeds sal geld totdat al die UV se appèlprosedures afgehandel is.
Intussen sê AfriForum Jeug hy het klagtes van studente uit verskeie fakulteite van die universiteit ontvang dat klasse wat oorspronklik in Afrikaans beskikbaar was, toenemend slegs in Engels aangebied word.
Woordvoerder Ju-Mari Pretorius sê die universiteit gaan voort om sy beoogde taalbeleid te implementeer, terwyl die ou beleid steeds geld voor die appèlsaak aangehoor en afgehandel is.
Sy sê personeel intimideer studente wat die verengelsing van klasse bevraagteken.
The post TAALBELEID: UV GAAN BESLUIT HOF TOE NEEM appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.