Quantcast
Channel: Radio Rosestad 100.6FM
Viewing all articles
Browse latest Browse all 5283

DA, EFF EN ANDER PARTYE WERK SAAM

$
0
0

Die EFF, die DA en ander opposisiepartye het die ANC gister in van die groot metro’s en elders tot in die politieke woestyn geboender.

Die DA het gister ’n koalisie-ooreenkoms met die UDM, die ACDP en Cope vir politieke beheer in die Nelson Mandelabaai-metro gesluit.

Die EFF en die DA het ook onderneem om die IVP te help om hangrade in KwaZulu-Natal van die ANC af te rokkel, in ruil vir IVP-steun in Gauteng.

Politieke ontleders is dit egter eens dat die EFF-leier, Julius Malema, tans met die hef in hand sit.

Die algemene siening oor die informele ooreenkoms wat die EFF aangegaan het om veral die DA in beheer van metro’s soos Tshwane en Johannesburg te plaas, is dat dit stadsrade se bestuur baie vinnig kan verlam en dat dit net tot korttermynvoordeel van die DA is.

Malema het gister in Alexandra naby Sandton dit duidelik gestel die doelwit is om te verseker dat die ANC nie regeer nie, dat hulle tussen twee duiwels, die DA en die ANC, moes kies en op die mindere duiwel, die DA, besluit het.

The post DA, EFF EN ANDER PARTYE WERK SAAM appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 5283

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!