Die minister van Samewerkende Regering, Des van Rooyen, het die Guptas glo sowat sewe keer besoek in die dae voordat president Jacob Zuma hom in ‘n skok-aankondiging as minister van Finansies aangestel het.
Die Sunday Times sê vandag in ‘n hoofberig die besoeke was op agtereenvolgende dae van 2 tot 8 Desember, net voor Zuma hom aangestel het in die plek van Nhlanhla Nene.
Van Rooyen se woordvoerder, Legadima Leso, het aan die koerant gesê insinuasies dat die minister se aanstelling beïnvloed is deur enige persoon anders as die president, is heeltemal sonder gronde.
Die BBC het ook vroeër berig dat Van Rooyen die aand voor die aankondiging in die Guptas se huis in die spogbuurt Saxonwold was.
The post VAN ROOYEN HET GLO GUPTAS BESOEK VOOR SY AANSTELLING appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.