Die veldtog, Gelyke Kanse, én die Universiteit van Stellenbosch wil beide as vriende van die hof by die hofgeding tussen die UV en AfriForum se taalbeleid betrokke wees.
Die US het verlede week in ‘n brief aan die appèlhof versoek dat hulle as vriend van die hof in die saak mag deel word.
Danie Rossouw, Gelyke Kanse se regsverteenwoordiger, het aan Netwert24 bevestig dat hulle ook dieselfde versoek aan die appèlhof gerig het.
Die Universiteit van die Vrystaat het onlangs in die hooggeregshof in Vrystaat verloor teen AfriForum oor die goedkeuring van die UV se nuwe taalbeleid.
Die UV het egter die beslissing na die appèlhof in Bloemfontein geneem en ’n datum moet nog bepaal word vir die aanhoor van die saak.
Gelyke Kanse het op 30 September ’n aansoek by die hooggeregshof ingedien om die US se taalbeleid te laat hersien.
Die US staan die aansoek teen.
The post UV-TAALBELEIDSAAK: US, GELYKE KANSE WIL BETROKKE WEES appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.