Die regsverteenwoordiger van die adjunkhoof van die Nasionale Vervolgingsgesag, Nomgcobo Jiba, sê sy sal Maandag ‘n voorlegging aan president Jacob Zuma doen oor redes waarom sy nie geskors moet word nie.
Zuma het Jiba en die hoof van die NVG se handelsmisdaadeenheid, Lawrence Mrwebi ingelig dat hy oorweeg om hulle te skors hangende ‘n ondersoek na hulle geskiktheid vir die poste.
Zuma se besluit volg op ‘n vroeëre uitspraak van die hooggeregshof in Pretoria dat Jiba en Mrwebi van die rol van advokate geskrap moet word.
The post JIBA WIL REDES GEE WAAROM SY NIE GESKORS MOET WORD NIE appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.