Die Deense man wat op 59 aanklagte wat die onwettige verwydering van menslike weefsel teregstaan, hou vol dat hy nie betrokke was by sy vrou se dood nie.
Die saak teen die 64-jarige Peter Frederiksen is tot 11 November uitgestel.
Frederiksen het gister aangedui dat hy sukkel om kontak met regsverteenwoordigers te maak om vir hom op te tree.
Hy word in Johannesburg aangehou.
Netwerk24 berig hy het gister in die hof onderneem om teen 11 November sy regsverteenwoordiging gereed te hê, waarna ’n datum vir ’n voorverhoor gereël kan word.
Frederiksen staan ook tereg op die vervaardiging van kinderpornografie, dat hy ’n staatsgetuie wou omkoop en dat hy vals inligting verskaf het om in Suid-Afrika te bly.
Hy word ook daarvan aangekla dat hy saamgesweer het om sy vrou, Tsili Molise in Oktober verlede jaar te vermoor.
The post DEEN HOU VOL DAT HY NIE BETROKKE WAS BY SY VROU SE DOOD NIE appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.