President Zuma sê hy het geen wetlike mag om by die dreigende hofstryd tussen die Minister van Finansies, Pravin Gordhan, en die Valke in te meng nie.
Dit volg op oproepe dat die president die Nasionale Vervolgingsgesag opdrag moet gee om die bedrogklagte teen Gordhan te laat vaar.
Gordhan is onlangs gelas om volgende week in die streekhof in Pretoria te verskyn op aanklagte van bedrog wat verband hou met die vroeë aftrede van ‘n amptenaar van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens, Ivan Pillay.
Die NVG-aankondiging het intussen ‘n vloedgolf ondersteuning vir Gordhan uitgelok.
President Zuma sê as staatshoof moet hy die onafhanklikheid van die wetstoepassingsagentskappe respekteer.
The post HOFSTRYD TUSSEN GORDHAN EN VALKE appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.