Tegnici van die Tshwane-metroraad kan nie voorbly nie ná die naweek se donderstorms wat die kragnetwerk in verskeie woonbuurtes in Pretoria beskadig het.
‘n Woordvoerder vir die metroaad, Selby Bokaba, sê loodgieters, ambagsmanne, ingenieurs en algemene werkers spook om kragvoorsiening na meer as 3 000 huise in Pretoria en omgewing te herstel.
Die woonbuurte wat die ergste geraak word, is Soshanguve, Rosslyn, Wonderboom, Fortsig, Waltloo, Prinsepark, Pretoriuspark en Centurion.
The post KRAGNETWERK BESKADIG IN PTA DEUR DONDERSTORMS appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.