Verskeie voertuie is vanoggend vroeg by die Universiteit van Kaapstad aan die brand gesteek.
‘n Koshuis op die laer-kampus naby die vier brandende voertuie moes as voorsorgmaatreël ontruim word.
Niemand is in die voorval beseer nie en die polisie stel nadere ondersoek in.
Dit volg ná ‘n soortgelyke voorval gister by die Kaapse Skiereiland Universiteit van Tegnologie se Bellville kampus waar minstens vyf voertuie aan die brand gesteek is.
Dis nie in die stadium bekend wie vir die brandstigting verantwoordelik was nie.
Die universiteit sê hulle sal bewerings ondersoek dat veiligheidswagte van ‘n vorige maatskappy op die kampus, daarby betrokke kon wees.
The post VOERTUIE BRAND OP UK KAMPUS appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.