Die man wat aan die polisie gesê het dat hy betrokke was by die moord op die 17-jarige Anika Smit in Maart 2010, verskyn vandag in die landdroshof in Pretoria-Noord.
Andre van Wyk het homself vroeër vanjaar aan die polisie oorgegee en staan tereg op aanklagte van moord, verkragting en verminking.
Die distriksgeneesheer wat Van Wyk ondersoek het, het aanbeveel dat hy vir psigiatriese waarneming gestuur word om te bepaal wat sy gemoedstoestand was toe die moord plaasgevind het, en wat dit nou is.
Van Wyk sal na verwagting vandag na die Weskoppies Psigiatriese hospitaal in Pretoria gestuur word om vir 30 dae waargeneem te word.
The post MAN BETROKKE MET MEISIE (17) SE MOORD IN DIE HOF appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.