Die Beweging vir Gratis Onderwys aan die Universiteit van die Vrystaat eis die heraanstelling van meer as 90 kontrakwerkers.
Die werkers se kontrakte is beëindig toe hulle na bewering deelgeneem het aan die FeesMustFall-protesoptrede, wat uiteindelik gelei het tot die sluiting van drie universiteitskampusse.
Werkers in diens van verskillende maatskappye ontken dat hulle deel van die protesoptrede was en het hul kommer uitgespreek oor wat met hulle gaan gebeur.
The post STUDENTE EIS HERAANSTELLING VAN KONTRAKWERKERS appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.