Quantcast
Channel: Radio Rosestad 100.6FM
Viewing all articles
Browse latest Browse all 5283

ABRAHAMS GENOOI OM STUDENTE TE BESPREEK

$
0
0

Die Minister van Justisie en Korrektiewe Dienste, Michael Masutha, het bevestig dat hy die hoof van die Nasionale Direktoraat van Openbare Vervolgings, Shaun Abrahams, na Luthuli-huis genooi het om die situasie op universiteitskampusse te bespreek.

Hy sê hy het nie gedink dat dit ‘n probleem sou wees nie.

Masutha het tydens ‘n mediakonferensie in Pretoria gesê hy is op kort kennisgewing deur President Zuma na die ANC-hoofkwartier genooi, en omdat hy nie al die inligting beskikbaar gehad het oor die vervolging van studente nie, het hy Abrahams saamgenooi.

Masuthu sê hy was onder die indruk dat die Nasionale Direktoraat van Openbare Vervolgings enige gebou kan betree en vergaderings kan bywoon solank dit nie onwettig is nie.

Hy sê vir hom was die dringendheid van die saak die belangrikste.

Masuthu het vroeër gesê dit bekommer hom dat politieke partye verkies om eerder by die howe te gaan aanklop as om debatte in die parlement te gebruik om kwessies te opper.

Hy het kommentaar gelewer op die DA se dringende aansoek om die grondwettigheid van die regering se besluit om te onttrek aan die Internasionale Strafhof te betwis.

Masuthu sê hy verstaan nie die dringendheid van die aansoek nie omdat dit ‘n jaar sal neem om die nodige wetgewing te bekragtig wat Suid-Afrika sal toelaat om te onttrek.

The post ABRAHAMS GENOOI OM STUDENTE TE BESPREEK appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 5283

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!