Die Vrystaatse Onderwysdepartement sê hy is gereed om vanjaar ‘n geloofwaardige matriekeindeksamen aan te bied.
Die matriekeksamen het vandag landswyd afgeskop met nie amptelike tale.
Leerders by slegs sewe skole in die Motheo-streek in die Vrystaat het eksamen geskryf.
Die provinsiale woordvoerder, Howard Ndaba, sê hulle het die groen lig ontvang na ‘n besoek van Umalusi en die nasionale onderwysdepartement.
Woensdag sal baie meer leerders betrokke wees wanneer Engels geskryf word.
Ndaba sê hulle sien uit na ‘n eksamen sonder enige voorvalle.
The post SKOLE KRY GROEN LIG VIR MATRIEKEINDEKSAMEN appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.