Die publiek het tot 1 Desember die jaar tyd om kommentaar te lewer op die voorgestelde Wet op die Voorkoming en Bekamping van Haatmisdade en Haatspraak.
Die Minister van Justisie en Korrektiewe Dienste, Michael Masutha, sê die voorgestelde wetgewing maak haatspraak ‘n kriminele oortreding.
Die wetgewing sal ook bestaande misdade, soos aanranding, verhef tot ‘n haatmisdaad as die oortreding aangevuur is deur onwettige bevooroordeling en onverdraagsaamheid.
As die wetsontwerp goedgekeur word, kan oortreders tot tien jaar tronkstraf vir rassisme en haatspraak gevonnis word.
The post HAATSPRAAK: PUBLIEK KAN KOMMENTAAR LEWER OOR NUWE WET appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.