Al vyf insittendes is dood toe ‘n ligte vliegtuig vanoggend kort ná opstyging op die internasionale lughawe van Malta neergestort en in vlamme uitgebars het.
Ooggetuies sê die tweemotorige Metroliner het skielik na regs gekantel en geval.
‘n Stuk van die brandende wrak het op ‘n pad buite die lughawe beland.
Die vliegtuig was na Misrata in Libië op pad.
The post 5 DOOD TOE VLIEGTUIG NEERSTORT OP MALTA LUGHAWE appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.