Twee gewapende rowers is gisteroggend deur ‘n veiligheidswag doodgeskiet en nog een in hegtenis geneem nadat vier mans glo twee winkels in Pretoria beroof het.
In een van die rooftogte is die eienaar van ‘n supermark en nog ’n persoon erg aangerand.
Beslag is gelê op drie vuurwapens en patrone.
Twee rowers is intussen Vrydagaand dood toe inwoners van Erasmia in die weste van Pretoria die reg in eie hande geneem het ná twee huisrooftogte in net meer as 24 uur in die gebied.
In een van die rooftogte is ‘n motorhandelaar, die 50-jarige Zayne Suliman, in sy huis doodgeskiet.
Die twee slagoffers is met bakstene en stukke sement doodgegooi nadat hulle glo op ‘n groep inwoners wat hulle agternagesit het, geskiet het.
‘n Derde rower het weggekom.
The post 2 ROWERS DEUR VEILIGSHEIDSWAG DOODGESKIET appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.