Die verhoor van die drie beskuldigdes in die Rhodespark-moorde begin vandag in die Hooggeregshof in Palm Ridge, Johannesburg.
Hulle staan tereg op aanklagte van moord, verkragting en roof.
Die polisie soek nog na nege ander verdagtes wat saam met die beskuldigdes twee paartjies in Oktober verlede jaar in Kensington, Johannesburg, aangeval het.
Die twee mans het verdrink nadat hul hande en voete vasgebind en hul in ‘n dam gegooi is, terwyl een van die vroue verkrag is.
The post RHODESPARK-MOORDE: 3 BESKULDIGDES IN DIE HOF appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.