Bankrotskap is al meer boere se voorland weens die voortslepende droogte.
‘n Ekonoom van die Noordwes-Universiteit, Johnny van der Merwe, sê plase word opgeveil omdat boere nie meer hulle lenings kan terugbetaal nie.
Hy sê dit laat banke met geen ander keuse as om plase terug te neem nie.
Sowat 15 000 plase word geraak weens die droogte.
Boere raak al dieper in die skuld, wat beteken dat die terugbetalings ook elke jaar styg.
The post BANKROTSKAP IS BOERE SE VOORLAND appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.