Quantcast
Channel: Radio Rosestad 100.6FM
Viewing all articles
Browse latest Browse all 5283

VOORSTE EKONOME IN SA TEEN ZUMA

$
0
0

Die voorste ekonome in die land meen groot ondernemings in Suid-Afrika het nou genoeg op die draad gesit en daarom besluit om standpunt teen pres. Jacob Zuma in te neem.

Netwerk24 berig dit volg nadat sakeleiers van byna al die grootste maatskappye in die land in advertensies in die Sondag-koerante hulle agter die minister van Finansies, Pravin Gordhan, geskaar het en sy vervolging verwerp.

Dawie Roodt van die Efficient Group sê dié groepe steun nie noodwendig vir Gordhan nie, maar hulle val Zuma aan en dat dit die president onder druk plaas.

Mike Schussler van Economists.co.za sê dié standpunt-inname is verblydend aangesien dit duidelik uitspel mense het nou genoeg gehad van die afwaartse spiraal waarin die land is.

Die Helen Suzman-stigting en Freedom Under Law het gister ’n dringende aansoek by die Hooggeregshof in Pretoria ingedien om die strafregtelike aanklag teen die minister van Finansies, Pravin Gordhan, ter syde te laat stel.

Dié organisasies het vroeër ’n ultimatum aan die direkteur van openbare vervolging, Shaun Abrahams, gestel om die aanklag van bedrog teen Gordhan voor Vrydagmiddag om vieruur terug te trek.

Hulle sê onder meer in ‘n verklaring die aanklag bevestig hul vermoede dat die kriminele regstelsel ondermyn word om bepaalde politieke belange te dien.

The post VOORSTE EKONOME IN SA TEEN ZUMA appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 5283

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!