Die president van Atletiek Suid-Afrika, Aleck Skhosana, sê die vereniging soek nie enige verdere inmenging van politici in atletiek nie.
Hy het Saterdag op ASA se vierjaarlikse vergadering in Johannesburg – waar hy weer in die posisie herkies is – gesê hulle het genoeg gehad van politieke inmenging en almal kan sien watter negatiewe uitwerkings dit op sport in Suid-Afrika het.
Skhosana het ook gevra dat skole en klubs van vroeg af kinders identifiseer wat potensiaal wys.
The post “ASA SOEK NIE VERDERE INMENGING VAN POLITICI NIE” appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.