Meer as 100 huise op Refengkgotso buite Deneysville in die Vrystaat is beskadig ná ‘n storm meer as 500 mense dakloos gelaat het.
Sommige gaan by ander familie tuis, maar ander het besluit om in hul beskadigde huise te bly uit vrees dat hulle besittings gesteel kan word.
Die burgemeester van die Metshimaholo Plaaslike Munisipaliteit, Sello Hlasa, sê hulle is besig om die skade te bepaal en hoe hulle die gemeenskap kan bystaan.
The post 500 MENSE DAKLOOS Ná STORM IN VS appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.