Die burgerregte-organisasie, Sanco, sê die toenemende geweld en vyandigheid van die studentebetogings is kommerwekkend en moet beëindig word.
Woordvoerder Jabu Mahlangu sê die betogings is deur misdadige elemente gekaap en magte wat dit in ’n gewelddadige rigting wil stuur, sal die hoëronderwysstelsel destabiliseer en die land onregeerbaar maak.
Hy sê gesprekke tussen die ministeriële taakspan, die universiteite en studenteleiers moet verskerp word om ’n dringende oplossing vir die krisis te vind.
The post “STUDENTEBETOGINGS MOET EINDIG” appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.