President Jacob Zuma het laat gistermiddag die bedanking van ‘n derde SAUK-raadslid, Leah Khumalo, aanvaar.
Sy was die adjunk-voorsitter van die SAUK-raad, en was een van vier nie-uitvoerende raadslede wat oorgebly het ná die bedanking van Krish Naidoo en Vusi Mavusa tydens ’n vergadering van die parlementêre portefeuljekomitee oor kommunikasie.
Hulle het aangevoer dat die raad wanfunksioneel is en dat hul nie langer daarmee vereenselwig kan word nie.
Dit het gevolg ná die aanstelling van Hlaudi Motsoeneng as die uitsaaier se korporatiewe hoof nadat die hof bevind het dit was irrasioneel om hom as bedryfshoof aan te stel.
The post ZUMA AANVAAR DERDE SAUK-RAADSLID SE BEDANKING appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.