Die nuwe Openbare Beskermer, advokaat Busisiwe Mkhwebane, gaan nie president Jacob Zuma se dringende aansoek om ‘n interdik teen die uitreiking van haar voorganger, Thuli Madonsela, se verslag oor staatskaping teenstaan nie.
Sy sê sy sal die beslissing van die Hooggeregshof in Pretoria daaroor aanvaar.
Mkhwebane sê sy het nie genoeg tyd gehad om haar behoorlik van die feite van die interdik-aansoeke te vergewis nie.
Sy het in haar beëdigde verklaring wat gister by die hof ingedien is, gesê dat sy ook nie die aansoeke van die DA, die EFF, die UDM en Cope om by die hofgeding betrokke te raak, sal teenstaan nie.
The post NUWE OB GAAN NIE ZUMA SE AANSOEK TEENSTAAN NIE appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.