Die minister van Water en Sanitasie, Nomvula Mokonyane, sê sy kan nie alleen die droogte waaronder agt provinsies gebuk gaan, tot ’n nasionale ramp verklaar nie.
Sy het aan die parlement se portefeuljekomitee oor water en sanitasie gesê sy het nie die mag om ’n ramp te verklaar nie.
Dit kan slegs gedoen word wanneer al die relevante instellings, waaronder die Tesourie en die departement van Samewerkende Regering, saam daaroor besluit.
Sy het gereageer nadat die DA-parlementslid, Tarnia Baker, gevra het of die huidige krisis nie erg genoeg is dat dit tot ’n nasionale ramp verklaar kan word sodat die geld wat dringend daarvoor nodig is, beskikbaar gestel kan word nie.
The post “EK HET NIE DIE MAG OM ‘N RAMP TE VERKLAAR NIE” – MOKONYANE appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.