Kommersiële boere is hard geslaan deur die droogte en om dié rede wil die departement van landbou, bosbou en visserye ’n rampfonds vir droogtehulp stig.
Die direkteur-generaal van landbou, Mike Mlengana, het in die parlement gesê hy verwag dat die tesourie moontlik in die nuwe boekjaar dalk R500 miljoen in die fonds sal stort om boere te help wat swaarkry weens die droogte.
Volgens hom sal swart- én witboere deur die rampfonds bygestaan word.
The post DEPARTEMENT WIL FONDS VIR DROOGTEHULP STIG appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.