‘n Dokter van Mpumalanga is in hegtenis geneem nadat hy na bewering ‘n vulstasie op Volksrust beroof het.
Die polisie se brigadier Leonard Hlathi sê die 33-jarige Mmeli Khuzwato – wat onlangs as ‘n dokter by die plaaslike staatshospitaal bedank het – het glo Saterdag in die vroeë oggendure werknemers by die vulstasie met ‘n vuurwapen aangehou en van ‘n onbekende bedrag geld beroof.
Werknemers het hom erken toe hy Saterdagaand na die vulstasie teruggekeer het en die polisie ontbied
The post DOKTER BEROOF VULSTASIE OP VOLKSRUST appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.