Quantcast
Channel: Radio Rosestad 100.6FM
Viewing all articles
Browse latest Browse all 5283

KLUBHUIS BY NMU AAN DIE BRAND GESTEEK

$
0
0

‘n Klubhuis op die hoofkampus van die Nelson Mandela Universiteit in Port Elizabeth is in die vroeë oggendure aan die brand gesteek en in puin gelê.

Dit nadat die raad van die universiteit bekend gemaak het dat die universiteit weer vanoggend heropen en klasse môre voortgesit gaan word.

Lede van die FeesMustFall-veldtog sê die universiteit het in kwader trou opgetree en dat hulle sal verseker dat die universiteit gesluit bly.

Studente van die Universiteit van die Witwatersrand het ook vanoggend weer amok gemaak toe hul verkeer in Parktown ontwrig en brande gestig het.

Die polisie is ook met klippe gegooi.

Die ANC en sy alliansievennote het vroeër ‘n beroep op universiteitstudente gedoen om na hul klasse terug te keer.

Die ANC se sekretaris-generaal, Gwede Mantashe, en sy eweknië van die SAKP, Cosatu en Sanco het in ‘n gesamentlike verklaring gesê hulle is bekommerd oor die skadelike langtermyn impak wat die sluiting van universiteite op studente en die samelewing sal hê.

Hulle het ook die Heher-kommissie gevra om sy ondersoek na universiteitsklasgeld te bespoedig.

The post KLUBHUIS BY NMU AAN DIE BRAND GESTEEK appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 5283

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!