Een van die mans wat teregstaan vir die moord op ’n oud-Matiestudent is geskik om verhoor te word.
Die 36-jarige Juane Jacobs het gister saam met sy medebeskuldigde, Brent Henry in die hooggeregshof in Kaapstad op onder meer ’n aanklag van moord op die 27-jarige Carl Schoombie verskyn.
Schoombie en drie van sy vriende is op 21 November 2015 in Claremont aangerand nadat sy aanvallers hulle glo verwar het met ’n ander groep met wie hulle vroeër die aand in ’n nagklub in ’n bakleiery betrokke was.
The post MOORDVERDAGTE GESKIK OM VERHOOR TE WORD appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.