Die bemiddelingsproses om die Nelson Mandela Metropolitaanse Universiteit in Port Elizabeth te laat heropen, sal die naweek voortduur.
Die proses het tot dusver geen positiewe resultate opgelewer nie.
Daar is met die bemiddelingsproses begin nadat besorgde ouers van studente die hof genader het vir ‘n interdik om die universiteit te verplig om sy deure oop te hou.
‘n Organiseerder van die ouers, Kobus Gerber, sê hulle sal Maandag na die hof terugkeer indien die partye nie tot ‘n vergelyk kan kom nie.
The post PROSES OM NMMU TE HEROPEN VOORTDUUR appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.