Die Universiteit van die Witwatersrand in Johannesburg het ‘n aandklokreël ingestel in ‘n poging om verdere geweldpleging op die kampus te stop te sit.
Volgens die reël mag niemand behalwe studente en personeel wat op die kampus woon, tussen half tien saans en sesuur soggens op kampus wees nie.
Diegene wat op kampus woon, mag ook nie na tienuur buite op die kampus rond stap nie en moet binne hul wonings bly tot sesuur die oggend..
Studente wat ontevrede is oor die nuwe reël het gisteraand amok gemaak.
Verskeie brande is op die kampus gestig en ‘n bus van die SAUK is in Braamfontein aan die brand gesteek voordat die oproermakers uiteengejaag is.
The post AANDKLOKREëL INGESTEL BY WITS appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.