Quantcast
Channel: Radio Rosestad 100.6FM
Viewing all articles
Browse latest Browse all 5283

“SUID-AFRIKANERS MOET FINANSIëLE BEPLANNING DOEN”

$
0
0

Die ekonoom Dawie Roodt sê dit is belangrik dat Suid-Afrikaners hulleself inlig oor die politieke en ekonomiese omstandighede oor die komende maande en deeglike finansiële beplanning doen.

rosestad-100-6-trots-oranje

Roodt sê die buiteland sien Suid-Afrika reeds ‘n as ‘n hoë-risiko beleggingsland en ‘n aankondiging Dinsdag deur die NVG om die minister van Finansies te vervolg laat buitelandse beleggers wonder of die swak politieke leierskap in die land gaan bly bestaan.

Roodt sê individue moet nie die vervolging van Gordhan bloot as ‘n storm in ‘n teekoppie beskou nie en maan mense om polities en burgerlik betrokke te raak.

 

Die voorsitter van die Solidariteit Beweging, Flip Buys, sê intussen die tyd het aangebreek dat president Jacob Zuma uitgeskop word sodat die land nie verder onder hom moet ly nie.

Hy sê in ‘n verklaring die laaste strooi is die Nasionale Vervolgingsgesag se dagvaarding aan die minister van Finansies, Pravin Gordhan.

Buys sê daar is ook tientalle ander redes waarom Zuma moet gaan en dit sluit in die totale gebrek aan leiding te midde van die universiteitskrisis, die swak ekonomie, die politieke onbestendigheid en die swak regering.

The post “SUID-AFRIKANERS MOET FINANSIëLE BEPLANNING DOEN” appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 5283

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!