’n Boer van Fouriesburg in die Vrystaat wat verlede jaar ’n veedief doodgeskiet het, Josef van Eeden, het Dinsdag weer op ’n aanklag van moord in die hof verskyn nadat hy glo met sy bakkie oor ’n bejaarde plaaswerker gery het.
Netwerk24 berig Van Eeden, Vrystaat Landbou se veiligheidskoördineerder in die distrik, het Dinsdag in Bethlehem in die hof verskyn nadat hy glo met sy bakkie oor Johannes Mahlaku van die plaas De Hoek gery het.
Mahlaku het glo oorskietmielies op Van Eeden se plaas opgetel nadat daar gestroop is.
Hy het die volgende dag in die Dihlabeng-hospitaal in Bethlehem aan sy beserings beswyk.
Netwerk24 berig Van Eeden verskyn ook weer volgende maand in die landdroshof in Fouriesburg nadat hy Abraham Mokoena in Desember verlede jaar doodgeskiet het.
The post VS BOER WEER IN HOF OP MOORDKLAG appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.