Inwoners in die Mangaung-metro word opnuut dringend gemaan om water spaarsamig te gebruik.
Die Mangaung-metro het nog nie die stad se waterbesparingsmaatreëls van 20% tot 30% verhoog nie.
Adv. Tankiso Mea, waarnemende stadsbestuurder, sê ’n spesiale raadsvergadering sal binnekort hieroor gehou word.
Intussen is daar steeds inwoners wat hulle nie aan die waarskuwings van waterkenners steur nie.
Netwerk24 berig ‘n inwoner in Universitas is gister op heterdaad betrap waar hy sy swembad vanuit ‘n brandkraan volgemaak het.
Op navraag het die inwoner gesê hy het toestemming van ‘n hooggeplaasde in die metro gekry om die swembad te vul.
Die betrokke beampte het egter nie op navrae reageer nie.
The post INWONERS GEMAAN OM WATER TE SPAAR appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.