Die uittredende Openbare Beskermer, advokaat Thuli Madonsela, sê president Jacob Zuma se regsverteenwoordiger het haar gevra dat haar opvolger, Busisiwe Mkhwebane, met die ondersoek na staatskaping moet voortgaan.
Madensela sê in ‘n verklaring vir die grootste deel van gister se vergadering van vier uur met die president in Pretoria het sy regsverteenwoordiger aangevoer dat die ondersoek na die beweerde betrokkenheid van die Guptas by staatskaping na haar opvolger verwys moet word.
Hy het gesê Madonsela het nie genoeg tyd oor om haar ondersoek behoorlik te doen nie en daar is ook geen rede dat die ondersoek geprioritiseer moet word nie.
The post NUWE OB MOET VOORTGAAN MET ONDERSOEK NA STAATSKAPING appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.