Die Vrystaatse premier Ace Magashule word skerp gekritiseer deur opposisiepartye omdat die skommeling van die Vrystaatse uitvoerende raad glo daarop dui dat hy persoonlike lojaliteit en faksiebelange bo die belange van die inwoners van die provinsie gestel het.
Netwerk24 berig Roy Jankielsohn, DA-lid van die Vrystaatse wetgewer, het gesê die aanstelling van Limakatso Mahasa as LUR vir maatskaplike ontwikkeling wek dieselfde agterdog as die aanstelling van Dora Coetzee verlede jaar as LUR vir openbare werke.
Volgens Jankielsohn het Mahasa weinig belangstelling getoon in haar werk in die wetgewer en was sy berug daarvoor dat sy laat was vir vergaderings of glad nie opdaag nie.
Die EFF se provinsiale voorsitter, Khotso Morapela, het Mahasa gelukgewens, maar gesê haar bevordering is oënskynlik te danke aan haar noue verhouding met die premier.
The post MAGASHULE SKERP GEKRITISEER OOR SKOMMEL VAN RAAD appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.