Die SAUK-raad verskyn vandag voor die portefeuljekomitee oor kommunikasie in verband met die aanstelling van die omstrede voormalige waarnemende bedryfshoof, Hlaudi Motsoeneng, as groephoof van korporatiewe sake.
‘n Raadslid wat hom vroeër van Motsoeneng se heraanstelling gedistansieer het, Krish Naidoo, sê die kanse is baie goed dat die komitee sal voorstel dat die SAUK-raad ontbind word.
Hy sê ‘n ander moontlikheid is dat die SAUK-raad deur die portefeulje-komitee aangesê kan word om Motsoeneng se aanstelling ter syde te stel.
The post SAUK-RAAD VERSKYN VOOR KOMITEE OOR MOTSOENENG appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.