Die Solidariteit Beweging wat Solidariteit, AfriForum, AfriForum Jeug en Solidariteit Helpende Hand insluit, dring daarop aan dat die universiteite wat tans weens klasgeld betogings gesluit is onmiddellik na die reses heropen word.
Volgens die voorsitter van die Solidariteit Beweging, Flip Buys, is dit onaanvaarbaar dat ’n klein minderheid oproerige studente die groot meerderheid studente ontneem van hul reg om te studeer.
Hy sê die beweging eis dat die veiligheid van studente, personeel en die publiek deur die universiteite gewaarborg word en dat daar streng opgetree word teen groepe wat studente of dosente intimideer of eiendom beskadig.
The post ‘UNIVERSITEITE MOET HEROPEN’ appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.