Gautengers is deur die minister van water en sanitasie, Nomvula Mokonyane, gewaarsku dat die provinsie se watertekort krisisafmetings kan aanneem.
Die provinsie se verbruikers het glo tot dusver geensins hul verbruikspatrone verander nie en daar is selfs ’n toename in waterverbruik pleks van die verwagte afname.
Die vlak van die Vaaldam, wat een van die veertien opgaardamme in die Vaalrivierstelsel is, staan op slegs 30% en daal weekliks bykans ‘n persent.
The post GAUTENGERS GEWAARSKU OOR WATERTEKORT appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.