Die VSA het sy onderhandelinge met Rusland oor die implementering van ‘n skietstilstandooreenkoms in Sirië opgeskort.
Die VSA beskuldig Rusland daarvan dat hy nie sy verbintenis ingevolge ‘n ooreenkoms nakom nie naamlik om vyandelikhede te staak en te verseker dat hulp aan beleërde Siriese gemeenskappe gelewer word.
Die opskorting van onderhandelinge dui daarop dat daar min hoop vir ‘n diplomatieke oplossing vir die krisis in die nabye toekoms in Sirië is.
The post SIRIë: SKIETSTILSTANDOOREENKOMS OPGESKORT appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.