Die Vrystaatse premier, Ace Magashule, het die Vrystaat se uitvoerende raad behoorlik geskommel en Limakatso Mahasa, sedert 2014 ’n lid van die Vrystaatse wetgewer, as die nuwe LUR vir maatskaplike ontwikkeling aangestel.
Netwerk24 berig Magashule het Sisi Ntombela, wat voorheen in die pos gestaan het, na die departement van samewerkende regering en tradisionele sake geskuif.
Benny Malakoane, LUR vir gesondheid, skuif na die departement van ekonomiese ontwikkeling, toerisme, omgewingsake en kleinsake.
Die vorige LUR vir ekonomiese ontwikkeling, toerisme, omgewingsake en kleinsake, Sam Mashinini, skuif na die departement van polisie, paaie en vervoer.
Die LUR vir polisie, Butana Komphela, word die LUR vir gesondheid.
The post MAGASHULE SKOMMEL VS SE UITVOERENDE RAAD appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.