Die adjunkminister van hoër onderwys en opleiding, Mduduzi Manana, sê Pres. Jacob Zuma het ingestem om met studente te vergader oor hul griewe sodra daar ’n skriftelike, formele versoek daarvoor gerig is.
Die departement van hoër onderwys en opleiding sal die ontmoeting reël.
Dit volg na afloop van die imbizo van ’n belangegroep oor hoër onderwys in Kemptonpark.
Die doel van die imbizo was om oplossings te vind vir die hoëronderwys-situasie.
Verskeie studenteleiers het fout gevind met die deklarasie wat daaruit voortgespruit het.
Hulle was ook ontevrede omdat Zuma die byeenkoms vroeër verlaat het.
Netwerk24 berig een van die stappe wat in die deklarasie onderneem, is ’n nuwe subsidiemodel om die finansieringskrisis van studente te verlig.
The post ZUMA GAAN MET STUDENTE VERGADER appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.