President Jacob Zuma het gerugte verwerp wat beweer dat hy binnekort sy kabinet op groot skaal gaan skommel.
Netwerk24 berig ’n lys van 29 name met grootskaalse veranderings aan verskeie portefeuljes doen sedert Woensdag die ronde in sosiale media.
Volgens die lys kan Zuma die voorgestelde veranderings aan die kabinet op die naweek se vergadering van die ANC se nasionale uitvoerende komitee in Johannesburg bekend maak.
Altesaam 24 van die veranderings raak ministers en die oorblywende vyf raak adjunkministers.
Bykans elke portefeulje word geraak, maar Pravin Gordhan se pos as minister van finansies bly glo onaangeraak.
Die gerugte was só sterk dat Zuma Donderdag ’n verklaring uitgereik het waarin hy ontken dat hy planne het om sy kabinet te skommel.
The post ZUMA ONTKEN DAT HY WIL KABINET SKOMMEL appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.