Die Rand kan tot R60 teenoor die dollar verswak as Suid-Afrika in die nabye toekoms tot rommelstatus afgegradeer word.
Chris Hart, ’n ekonomiese markstrateeg, het by AMT se landbou vooruitskouingskonferensie in Pretoria gesê dit is heeltemal moontlik dat ’n wisselkoers onder sulke omstandighede twee keer kan halveer.
Bereik Suid-Afrika se kredietgradering rommelstatus, kan ’n situasie ontstaan waar net die Internasionale Monetêre Fonds geld aan die land leen en boonop teen uiters streng voorwaardes.
Landbou.com berig volgens Hart kan dit insluit die afskaf van maatskaplike toelaes, wat daartoe kan bydrae dat die rand verswak tot R60 teenoor die Amerikaanse dollar.
The post RAND KAN TOT R60 TEENOOR DOLLAR VERSWAK IN TOEKOMS appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.