Twee gesondheidsamptenare van die Chris Hani Baragwanath-hospitaal in Soweto is in hegtenis geneem omdat hulle na bewering deel is van ‘n sindikaat wat pasiënte se mediese lêers steel en dit gebruik om vergoeding van die Padongelukkefonds te eis.
Die inligting is deur die Gautengse LUR vir gesondheid, Qedani Mahlangu, bekend gemaak.
Sy sê haar departement het van die onwettige bedrywighede bewus geword nadat ‘n pasiënt wat in ‘n motorongeluk beseer is, vrae begin vra het oor haar vermiste lêer.
The post 2 AMPTENARE VAN HOSPITAAL GEARRESTEER appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.