Die Robbeneiland-museum het die afgelope boekjaar meer as R44 miljoen vir die huur van private bote betaal.
Die uitvoerende hoof van die museum, Mava Dada, sê in die museum se jaarverslag wat in die parlement ter tafel gelê is die museum was verplig om bote te huur nadat sy veerboot in Desember 2013 onklaar geraak het.
‘n Nuwe vaartuig sal na verwagting binne die volgende 24 maande teen ‘n verwagte R100 miljoen aagekoop word.
Die jaarlikse besoekersgetalle vir die 2015/16-boekjaar was net meer as R364 000 teenoor die vorige jaar se meer as R325 800.
The post R44 MILJOEN VIR HUUR VAN PRIVATE BOTE appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.