Een van die stigterslede van Boere in Nood, NC Schoombee, sê hy verwelkom ’n volledige oudit en ondersoek na die geldsake van die instansie nadat sy twee medebestuurslede van dié organisasie ’n hofbevel gekry het om drie bankrekeninge te vries en te bekyk.
Schoonbee se reaksie volg nadat die Vrystaatse hooggeregshof beveel het alle geld van die BIN wat nog in sy drie bankrekeninge is na die BIN se eie rekening oorbetaal moet word en dat Schoombee alle besonderhede van al die transaksies in dié rekeninge aan die ouditeur moet deurgee.
Dit volg na vrese van wanbesteding van geld wat vir hulpbehoewende boere ingesamel is.
Netwerk24 berig Boere in Nood gaan intussen onverpoosd voort om boere by te staan.
The post STIGTERLID VAN BIN VERWELKOM OUDIT VAN GELDSAKE appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.