Die Vrystaatse polisie sê meer as 60 onwettige mynwerkers in dié provinsie is sedert Maart ondergronds dood, terwyl meer as 1 400 in hegtenis geneem is.
Woordvoerder, kaptein Stephen Thakeng, sê nog 16, waaronder 12 Zimbabwiërs en vier burgers van Lesotho, is Vrydag by die Harmony Eland-myn in Welkom gearresteer.
Hulle sal na verwagting môre in die hof verskyn op aanklagte van betreding, poging tot diefstal en onwettige immigrasie.
The post ’60 ONWETTIGE MYNWERKERS IS AL ONDERGRONDS DOOD’ appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.