Die Universiteit van Kaapstad het bekend gemaak dat klasse vir die komende week opgeskort is, terwyl die universiteit se biblioteke ook gesluit sal wees.
Alle personeellede sal egter met hul werksaamhede voortgaan.
Die UK is een van die universiteite regoor die land wat die afgelope week ontwrig is deur studente wat oor klasgeld betoog het.
Adjunk-president Cyril Ramaphosa sê intussen om boeke, skole en lesingsale af te brand, is ’n aanslag op die basiese fondament van die gemeenskap van Suid-Afrika.
Hy het by die viering van Erfenisdag in Galeshewe in Kimberley gesê onderwys is die belangrikste bate om menswaardigheid te herstel en vorige geslagte het dit beskerm en bewaar.
Ramaphosa het gesê dit is ook gerespekteer as ‘n instrument vir bevryding.
The post UK SE KLASSE VIR WEEK OPGESKORT appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.